praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Tuesday, 22. May 2012

Bygewerk op:07:38:23 AM GMT

Jy is hier: Kunste

Kunste

Da Vinci 'in gevaar'

E-pos Afdruk PDF
Delikate werk onderneem om 'n Leonardo Da Vinci-meesterstuk te herstel, en wat in Maart bekendgemaak sou word, het verander in 'n kopseer vir die Louvre, nadat kenners die Parysmuseum beskuldig het dat hulle die kosbare oliewerk in gevaar stel.

Da Vinci se 'Maagd en Kind met Saint-Anne' het hy in 1503 begin verf en toe hy in 1519 Frankryk dood is, is die onvoltooide werk van die uitbeelding van Christus langs sy moeder en ouma met 'n offerlam, deur Koning Francois I verkry.

Restourasie uitgevoer gedurende die vorige eeu het die 'Saint-Anne' vermink deur vlekke op die Maagd se rok byvoorbeeld, te danke aan die veroudering van 'n stof in die vernis en in 2010 het die museum besluit om die werk weer te herstel.

Die 'Saint-Anne' sou in Maart aan die publiek onthul word as die hoogtepunt van 'n groot tentoonstelling wat rondom dit gebou sou word.

Maar die projek het verlede jaar 'n hindernis getref toe kritici gewaarsku het dat die skoonmaak van die meesterstuk dit kan beskadig en twee kundiges het sedertdien uit die raadgewende komitee wat toesig hou oor die werk, bedank uit protes.

Albei is kunswêreldswaargewigte: Ségolène Bergeon Langle, wat in Desember weg is, is 'n Franse nasionale erfeniskurator, terwyl Jean-Pierre Cuzin die voormalige hoof-kurator van die Louvre se skilderyedepartement is.

'n Franse kunsjoernaal het eerste in Oktober gewaarsku met 'n artikel getiteld "Leonard in gevaar".

In die spervuur is die aard van die oplosmiddel wat gebruik word om die geel-bruin laag vernis oor die skildery te verwyder. Dit word deur kritici as te sterk beskou, sodat hulle vrees die middel kan die werklike verf verwyder deur dit te laat oplos.

Kenners vrees veral skade aan die gesigte van die Saint-Anne, en die Maagd Maria, en meer breedweg die "sfumato". Dit is lae deursigtige verf wat gebruik is deur Da Vinci om rokerige, versagte kontoere te produseer, op hierdie werk sowel as die "Mona Lisa" .

AFP het verlede week die kurator Bergeon Langle gekontak en sy sê sy het die Advieskomitee vir verskeie redes verlaat.

"Ek meen die herstel word nie uitgevoer in ooreenstemming met wat ek gedink nodig is vir hierdie skildery van Louvre nie. Dit is my oortuiging."

Die Louvre dring daarop aan dat 'Saint-Anne' nie in gevaar is nie.

'n Kritiese punt is die vraag of 'n wit vlek op die liggaam van die baba Jesus verwyder moet word.

Die museum se uitverkore restoureerder Cinzia Pasquali, wat gewerk het op die skilderye van die Chateau de Versailles se Spieëlsaal, is oortuig dit is 'n pleistervernis, wat wit geword het deur mikroskopiese krake, en wil dit verwyder.

Bergeon Langle glo dit kon dalk bygevoeg gewees het deur Da Vinci se eie hand, en was versigtig vir enige intervensie.

Ten slotte meen Vincent Pomarede, die hoof van die Louvre se skilderye, daar moet voortgegaan word en het die groenlig vir die verwydering gegee nadat dit ontleed is.

"Op daardie punt, is die meningsverskil," het hy aan AFP gesê. "Maar ek het die laboratorium uitslae en hulle is heel positief. Ek is seker dit was 'n gekraakte vernis, en jy kan duidelik sien wat die eindresultaat is."

"Ek het geen berou nie," sê Pomarede, wat daarop aangedring het dat die Louvre nie die werk in gevaar stel nie.

In 1994 het die Louvre 'n vorige plan om die 'Saint-Anne' te restoureer, oor vrese vir sy delikate "sfumato", laat vaar.

Op die oomblik, verduidelik Pomarede, het die Louvre die tegniese kennis oor hoe om die werk te beskerm. Tans, het hy gesê, is dit moontlik om die dikte van die vernis tot die laaste mikron te meet.

Op die brose gesigte, byvoorbeeld, laat die restoureerder 'n ekstra dikte van vernis toe: 16 tot 17 mikron teenoor 8 tot 12 mikron op ander plekke. Voorheen was dit 30 tot 35 mikron.

Vroeër hierdie maand het die wetenskaplike komitee ontmoet en 'n "positiewe uitspraak oor die uitdunning van die vernis en die verwydering in plekke van addisionele lae verf gelewer," sê Pomarede.

"Twee of drie kundiges wou selfs verder gaan, insluitend die verwydering van sekondêre boomstompe wat in die 19de eeu bygevoeg is," sê Pomarede. Die stompe is egter gehou.

"As 'n algemene reël, verkies ek dat ou werke slegs baie ligtelik skoongemaak word. Jy kry tog nooit die oorspronklike kleure terug nie; wat jy in plaas daarvan kry is die huidige stand van die skildermateriaal. Dit [die ou lae verf] laat 'n effense sluier oor die werk, maar maak dit meer harmonieus," het sy verduidelik.

Laas Opdateer op Maandag, 23 Januarie 2012 11:41

Van Gogh ontdek

E-pos Afdruk PDF

‘n Skildery wat herontdek is en wat glo deur Vincent Van Gogh geskilder is, word tans in ‘n museum in Nederland tentoongestel.

Deskundiges glo dat Le Blute-fin meul, ‘n kleurvolle skildery van mense by ‘n windmeul in Parys, in 1886 deur die Nederlandse kunstenaar geskilder is.

Ralph Keuning, direkteur van die Museum de Fundatie in Zwolle waar die kunswerk nou te siene is, het die skildery in 2007 herontdek en dit is later as ‘n egte Van Gogh-skildery verklaar.

Dirk Hannema, ‘n eksentrieke kunsversamelaar, het graag gespog dat hy sewe Vermeers, etlike van Goghs en 'n paar Rembrandts in sy versameling het.

Hy was ten minste, 25 jaar na sy dood, reg oor die van Gogh. Die veramelaar het die skildery in 1975 van 'n antieke handelaar in Parys gekoop wat nie veel waarde aan die werk geheg het nie. Hannema het egter geglo dit is die ware jakob en die skildery dadelik vir sestien keer die koopprys laat verseker.

Louis van Tilborgh, kurator van navorsing by die Van Gogh Museum in Amsterdam, sê die skildery is ongewoon vir die 19de eeuse impressionis omdat die figure groot in die landskap vertoon. Dit beeld die toneel van Parysenaars wat die houttrappe van die meul in die Montmartre-distrik klim, uit.

In ander opsigte is dit 'n tipiese van Gogh met helder kleure wat dik op die doek aangewend is. Die skilderdoek bevat 'n waarmerk van die winkel wat die kunstenaar dikwels besoek het, asook pigmente in die verf wat hy in ander werke aangewend het.

Suid-Afrikaner wen wêreldargitektuurprys

E-pos Afdruk PDF

’n Suid-Afrikaanse argitek, Peter Rich van Johannesburg, het die prys vir die beste gebou ter wêreld ingepalm.

Hy is by die wêreldargitektuurfees-prysuitdeling in Barcelona, Spanje, vir die ontwerp van sy Mapungubwe-interpretasiesentrum in Limpopo vereer.

Sy wenstruktuur is digby die samevloeiing van die Limpopo- en die Sheshe-rivier in die Mapungubwe- Nasionale Park opgerig vir die artefakte van die gebied.

Rich het sy prys toegeskryf daaraan dat die beoordeelaars “keelvol vir glas en glimligte” is en daarom het sy “eg Afrika”-ontwerp gewen.

Meer as 1500 argitekte en kundiges het 15 finaliste uit 272 projekte van 67 lande gekies. ’n Paneel van vyf deskundiges waaronder ook 'n strukturele ingenieur, moes die algehele wenner aanwys.

Sühä Ozkan, ’n Turkse argitek en beoordelaar, het gesê Rich se ontwerp dra “’n beeld van kompleksiteit” na die buitewêreld uit. Die beoordeelaars het gevoel die gebou is sielkundig sowel as argitektonies besonder kragtig.

“Die gebou is tussen Julie en September voltooi en die sentrum sal seker volgende jaar vir die publiek oopgestel word,” het Rich gesê.

Die gebou smelt heeltemal by die landskap in. Klippe en gruis van die omgewing is op die koepeldakke ingemessel.

Die koepels is van klein kleiteëls wat in lae oor mekaar op ’n antieke Spaanse manier vasgemessel is.

Plaaslike swart vroue het die teëls op die bouperseel uit sand van die gebied gemaak en die gebou bevat net 5% sement.

“Ons het die koolstofvoetspoor met 80% verminder,” het Rich gesê.

 

Laas Opdateer op Donderdag, 12 November 2009 08:06

Tango deel van wêrelderfenis

E-pos Afdruk PDF

Die Verenigde Nasies het die warmbloedige tangodans van Argentinië en Uruguay as deel van die wêreld se “ontasbare kulturele erfenis” verklaar, het diplomate van UNESCO Woensdag gesê.

Die VN se kulturele organisasie is besig met ‘n vergadering van 400 kenners in Abu Dhabi waar hulle gaan besluit oor ‘n lys van wêreldkuns en tradisies wat veilig bewaar moet word vir die mensdom.

Tango is ‘n tradisie van musiek en dans wat in werkersklas danssale in die Buenos Aires en Montevideo ontwikkel is.

Dit is regoor die wêreld bekend as ‘n simbool van sensuele romanse.

 

Laas Opdateer op Woensdag, 30 September 2009 11:36

Hitler-waterverwe opgeveil

E-pos Afdruk PDF

 

Image
Drie waterverfwerke deur Adolf Hitler word in September in Nuremberg in die suide van Duitsland opgeveil.

 

Die werke beeld tonele waar Nazi-oorlogmisdade jare later sou plaasvind, uit, berig ‘n plaaslike koerant.

Die stukke, wat onderskeidelik in 1910 en 1911 geverf is, is getiteld, "Zerschossene Muehle" (’n Beskadigde watermeule),"Weissenkirchen in der Wachau", (‘n Oostentykse dorpie) en "Haus mit Bruecke am Fluss" "Huis met ‘n brug oor ‘n rivier), het Nuernberger Nachrichten berig.

Die bod begin op R33 990, volgens die katalogus van Weidlerafslaers.

Hitler het as ‘n jong man daarvan gedroom om 'n skilder te word en hy het selfs vir 'n plek by die Weense Akademie vir Kuns aansoek gedoen.

Sy aansoek is afgekeur omdat sy tekeninge is nie goed genoeg was nie.

Hy is aangemoedig om argitektuur te studeer, maar hy het geweier om sy strewe om te skilder te laat vaar en poskaarte geteken wat hy aan toeriste verkoop het vir 'n inkomste.

Laas Opdateer op Maandag, 18 Januarie 2010 10:11

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL