Nes die ANC se Freedom Charter, het sy NDR- beleid onder kommunistiese invloed ontstaan. Volgens die party se document "Building a National Democratic Society" (2010), The Freedom Charter is our vision of the type of society we struggled for and which we seek to build – it is our lodestar.
Dit is m.i. belangrik om te besef dat dit vir die ANC nie werklik om die verwesenliking van 'n kommunistiese beleid gaan nie. Die kommunistiese beleid en veral terminologie dien veelmeer as riglyne vir die ANC se fundamentele strewe, wat as volg omskryf kan word:
Die party streef na algehele oorheersing van die ekonomie en alle aspekte van die openbare lewe ten einde sy permanente oorheersing te waarborg. Dit behels in eerste instansie die uitwissing van blanke invloed en magsposisies en verklaar die vyandigheid jeens die private sektor van die ekonomie.
Die rede vir hierdie strewe is swart-nasionalisties en dit word veral gedryf deur die besef van eie onvermoë en onbekwaamheid wat deur blanke prestasies duidelik uitgelig word.
NDR word vaag omskryf as die strewe na the creation of a united, democratic, non-racial, non-sexist and prosperous society (Building a National Democratic Society, par 6). Aangesien hierdie vaagheid nog nooit deur 'n gesaghebbende beleidsverklaring opgeklaar is nie, laat dit 'n wye reeks van inter-pretasies toe. Prof Roger Southall stel dit soos volg:
Although partly a political language of comforting (Marxist-Leninist) familiarity and com-radeship, partly a framework for conducting debate in which intra-party rivals can be dis-missed as politically incorrect, the continuing formal commitment to the NDR has also the advantage that the conception's inherent ambiguities allow for the papering over of recurrent differences between the ANC and its partners about economic policy. ("The ANC and Black Capitalism in South Africa"; http://ccs.ukzn.ac.za/files/Southall.pdf)
Daar is aanduidings dat die ANC begin besef dat die 'rewolusie' in NDR ietwat vreemd klink by 'n party wat die mag sedert 1994 stewig in hande hou. Kader Asmal het bv.in Oktober 2010 openlik sy skraping bepleit. In Januarie 2011 het die Institute for Accountability in Southern Africa aandag gevestig op die geleidelike terminologiese aanpassing in ANC beleidstukke waar die begrip NDR –
...is gradually, but perceptively, morphing into the more constructive creation of the "National Democratic Society"- an expression used in the speech (and on banners) considerably more often than the somewhat outmoded revolutionary terminology. President Zuma's underplaying of reference to the "revolution" is perhaps an early indication that the National Executive Committee of the ANC is indeed moving in the direction of scrapping a notion that, upon mature reflection, belongs in the lexicon of a liberation movement, not a long established and well entrenched governing alliance. (www.ifaisa.org/Cadre_deployment_in)
Die vrylike gebruik van 'NDR' help om die toenemende krisis van die ANC se ekonomiese en ontwik-kelingspogings te verdoesel. Soos hierbo gesê, volg die organisasie 'n oorwegend sentralistiese, staats-beheerde beleid, maar besef al hoe meer dat dit geensins werkloosheid, trae groei en armoede verbeter nie. Daarteenoor bewys die prioriteite wat die party herhaaldelik verkondig sy angstigheid om sy ekonomiese en sosio-ekonomiese beloftes na te kom. Daar is ongetwyfeld van sy leiers wat begryp dat dié doelwitte slegs deur 'n markgerigte en sterk op die privaatsektor gebaseerde beleid verwesenlik kan word. Maar nogtans, en namate die druk vanuit die ontevrede massas toeneem, sal die ANC heel waar-skynlik vireers probeer, om sy sentralistiese beleid te versnel en sodoende onvermydlik sy huidige mislukkings nog vererger.
Dit sou die spanning tussen die aanhangers van 'n sentralistiese en die van markgerigte ekonomiese beleid onvermydelik laat toeneem – met 'n hoogs onsekere resultaat. Intussen kan miskien die geleidelike vervanging van 'rewolusie' in NDR met 'society' as 'n versigtige beweging in rigting van 'n sterker markgeörienteerde en privaatsektor-vriendelike beleid beskou word.
Dr Leistner was sedert 1964 ten nouste met die Afrika-Instituut van SA verbonde, o.m. as direkteur gedurende die jare 1978-1991.