praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Tuesday, 22. May 2012

Bygewerk op:07:38:23 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe

Briewe

Ope brief aan Piet Croucamp

E-pos Afdruk PDF
Piet Croucamp skryf as volg in Rapport:
"My politieke instink het 'n weersin in Afrikanerpolitiek en ek het dit van die begin duidelik gemaak dat die term Afrikaner ideologies gelaai is. Ek dink mense wat hulself as Afrikaners beskryf, beskou hulle nie as deel van Suid-Afrika nie en hul doelstellings korrespondeer nie met die Grondwet van die land nie. Wat my betref, is Afrikaners byna per definisie – of op enkele uitsonderings na – onverdraagsaam en waarskynlik ook rassiste.

Ek is oortuig daarvan dat Afrikanerskap so uitgedien is soos 'n rooksein en dat Suid-Afrika beter daaraan toe is sonder Afrikaners, soos die land beter daaraan toe is sonder Julius Malema."

Hy is 'n man wat gereeld sy opinie op televisie, die radio en in die koerante met ons deel. Ek neem aan hy moet vreeslik slim wees, want toe die ANC iemand soek om die gesprek tussen die Afrikaans(es) en die party te behartig, was dit op sy knoppie wat hulle gedruk het.

Nou lyk dit my Piet is baie kwaad omdat Afrikaner organisasies nie belangstel om saam met die ANC om die tafel te sit nie. So kwaad dat Piet in sy liberale, verligte, goddelike toestand van alwetendheid nie eers sien hoe groot rassis hy self is nie! Piet is sekerlik 'n kenner van die Grondwet, want hy verwys juis nie die dokument in sy haatspraak.

Ek dink mense wat hulself as Afrikaners beskryf, beskou hulle nie as deel van Suid-Afrika nie en hul doelstellings korrespondeer nie met die Grondwet van die land nie.

Jy sien Piet, hier is jou eerste denkfout- Dit is nie ons wat ons nie as deel van Suid-Afrika beskou nie, dit is die ANC. Al gehoor van regstellende aksie, en Swart bemagtiging? Afrikaner-kinders wat op die kleur van hulle vel ontneem word van regte, mense wat wil werk en wat bevoeg is om te werk word weggewys oor hulle velkleur. Hoe de duiwel moet jy jouself as deel van iets beskou, wat jou nie akkomodeer nie?

Jou tweede denkfout- Ons ken die grondwet beter as enige ander groep in hierdie land, want ons moet gedurig toekyk hoe ons regte vertrap word. Dit is Afrikaner groepe wat elke keer hof toe moet gaan om basiese regte te beskerm in hierdie bestel. Dit is nie die grondwet wat ons taal en ons kultuur vertrap nie, dit is die ANC-besluitnemers wat dit doen. Hoe kan jy nou saam met 'n groep sit en geselsies maak oor die wonderlike toekoms terwyl daardie einste groep besig is om jou regte al meer in te perk?

So gepraat van die Grondwet- Kom ons kyk hoeveel van my regte vertrap Piet met sy skrywe:

Menswaardigheid

Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word.

- "Wat my betref, is Afrikaners byna per definisie – of op enkele uitsonderings na – onverdraagsaam en waarskynlik ook rassiste."

Wat iemand soos Piet nie verstaan nie is dat die Afrikaner groepe hulle besig hou met selfbeskikking. Ons gun elke groep, ras en volk presies dieselfde regte as wat ons eis. Ons probleem is nie met swart mense nie, dit is met die regering wat ons kultuur verdruk. Dit is net julle slim, liberale denkers wat nog vasgeval is in ras. Om ons as rassiste te probeer uitmaak is 'n direkte aanval op ons menswaardigheid en jy het geen reg om sulke aantygings te maak nie!

Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening

Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.

Kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe

(1) Persone wat aan 'n kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort, mag nie die reg ontsê word om, saam met ander lede van daardie gemeenskap-

(a) hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie; en

(b) kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van die burgerlike gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie.

Vryheid van assosiasie

Elkeen het die reg op vryheid van assosiasie.

Al van die goed raakgelees in die Grondwet Piet?

"My politieke instink het 'n weersin in Afrikanerpolitiek en ek het dit van die begin duidelik gemaak dat die term Afrikaner ideologies gelaai is"

"Ek is oortuig daarvan dat Afrikanerskap so uitgedien is soos 'n rooksein en dat Suid-Afrika beter daaraan toe is sonder Afrikaners, soos die land beter daaraan toe is sonder Julius Malema."

Natuurlik is die term ideologies gelaai Piet, dit verwys na 'n VOLK. Dit verwys na 'n groep mense met 'n identiteit, 'n taal, 'n kultuur, 'n geskiedenis, bekommernis, vrese... Dit is 'n groep mense wat julle erken wanneer hulle wil en ontken wanner dit julle nie pas nie. Die blote feit dat jy 'n weersin in ons manier van politiek het is bloot 'n manifistasie van jou weersin in die mense wat die politiek beoefen. Jy erken dit self later in jou skrywe- Dat die land beter sal wees sonder ons.

Malema sing "Kill the boer, kill the farmer". Nou vergelyk jy ons, Afrikaners, met Malema wat haat aanblaas en mense se reg op lewe wil vertrap. Weereens is jy vinnig om die Afrikaners te beledig, maar jy maak jouself skuldig aan presies dieselfde haatspraak as Malema!

Die idee om al die Afrikaners te vermoor is presies wat jy diplometies verwoord wanneer jy skryf:

"Suid-Afrika beter daaraan toe is sonder Afrikaners"

Daar is geen verskil tussen jou en Malema se uitsprake nie. Altwee van julle wil die Afrikaners "weg" maak. Nou gaan jy seker dink maar jy het die reg tot opinie en vryheid van spraak, maar kom ons gaan kyk na die Grondwet wat jy so graag noem-

Vrybeid van uitdrukking

(1) Elkeen het die reg op vryheid van uitdrukking, waarby inbegrepe is-

(a) die vryheid van die pers en ander media;

(b) die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra;

(c) die vryheid van artistieke kreatiwiteit; en

(d) akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing.

(2) Die reg in subartikel (1) omvat nie-

(a) propaganda vir oorlog nie;

(b) die aanstigting van dreigende geweld nie; of

(c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.

Jy wens 'n minderheidsgroep, wat jy by die naam noem, die Afrikaner, weg. As dit nie haatspraak is nie, dan weet ek nie. Die enigste verskil tussen jou en Malema is dat Malema die ruggraat het om dit reguit uit te blaker, terwyl jy dit verbloem met geleerde diplomasie.

Jy Piet, verwens my mense, my ouers, my kinders. Ja, jy reken die land sou 'n beter plek wees sonder my twee Afrikaner-seuntjies. De hel met hulle regte tot vryheid van assosiasie, denke, oortuiging en menswaardigheid, want Piet Croucamp dink dit is beter as ons nie hier was nie.

Na 18 jaar van belasting betaal, bek-hou, baklei vir basiese regte, byda tot die ekonomie die slag as BEE en AA jou nie by die deur voorkeer nie, duisende plaasmoorde, korrupsie, misdaad en wat nog alles, neem jy ons kwalik as ons nie meer die ANC vertrou nie. Wens jy ons weg.

Kom ek vertel jou 'n geheim Piet- Die Afrikaners, die Boere, noem ons wat jy wil, het nie 'n probleem met ander rasse en kulture nie. Dit is mense wat soos ons lyk en praat, mense soos jy Piet, wat my, my nageslag en ons identiteit nie erken of respekteer nie. Julle wurg julle self om ons uit te maak as rassiste sodat julle nie die waarheid hoef te erken nie. Dit is mense soos jy, wat soveel haat het vir ons volk, dat jy ons sal wegwens, wat die ware rassiste is. Dit is julle wat nie die regte soos in die Grondwet opgeneem is, van my mense erken nie en dan die vermetelheid het om ons te beskuldig en te verkleineer...

Wanneer jy nie sterk is nie

E-pos Afdruk PDF

... moet jy slim wees, lui die gesegde.

Die regering se dae is getel weens die gevolge van onverantwoordelikheid en wanbestuur. As gevolg van die volgehoue diskriminasie teen blankes deur die regering die afgelope 18 jaar, is die regering ook verantwoordelik vir die onoorbrugbare afgrond tussen wit en swart benewens ander vergrype van korrupsie en volksmoord, asook ongebreidelde misdaad op alle vlakke van die samelewing. Die regering se irrasionele en onverantwoordelike nepotisme het hulle verder verlam tot n groep onbekwames wat hoegenaamd nie in staat is om te regeer nie en die prys van algemene verval van Suid Afrika is waarneembaar vir almal om te sien.

Op hierdie stadium is ons Afrikaners net te min om deur die gewone kanale weer in beheer te kom, so moeilik as wat dit is vir ons is wat deur die verval van ons land Suid-Afrika gepynig word. Die Afrikaner is versprei met individuele bestaansbelange oor die lengte en breedte van Suid Afrika wat dit moeilik maak om te sentraliseer as 'n gebiedsgebonde volksgroep. Dit beteken nie dat ons nie meer 'n Afrikanervolk is nie; dit maak dit net moeilik om saam te funksioneer. Dit is die realiteit van ons Afrikanervolk wat dit vir ons bemoeilik om saam te staan as een groep en dit is waar die slimwees-planne moet inskop vir 'n toekoms vir die Afrikanervolk met realisme in die situasie waarmee ons deur die verraad van FW de Klerk gekonfronteer is.

E-tol: gaan jy die vampierstaat voer?

E-pos Afdruk PDF

Die deelstaat Kalifornië is in 1978 geskud deur ‘n belastingbetalerskawolt. As gevolg van hoë inflasie het eiendomswaardasies die hoogte in geskiet, met gevolglike buitensporige verhogings in eiendomsbelasting. Uiteindelik het dié hoë eiendomsbelasting veral bejaardes begin bedreig. Bejaardes kon nie meer hul eiendomsbelasting betaal nie. In 1978 is Voorstel 13 deur ‘n referendum aanvaar. Die nommer 13 was inderdaad ongelukkig vir die Kaliforniese monsterstaat wat verslaaf was aan belasting. Dit het die maksimumbelasting tot 1% van enige eiendom se waarde beperk, en ook die maksimum jaarlikse verhogings in eiendomswaardasies vasgestel. Sommige mense meen selfs dat belastingbetalerkawolte soos Voorstel 13 regstreeks tot Ronald Reagan se verkiesing bygedra het.

Suid-Afrika se ANC-vampierstaat word tans deur sy eie Voorstel 13 in die gesig gestaar: ‘n belastingbetalerkawolt in die Gautengprovinsie teen ons eie vampierstaat. Baie dink sekerlik dit gaan bloot oor tolgeld, maar dit is eintlik ‘n veel dieper kawolt, ‘n opstand teen die ANC-kaders se vergrype. Mense is keelvol daarvoor om te lees van uitspattige partytjies, verkwisting, korrupsie, plundery en onbekwaamheid. Ons voel eendragtig gewalg deur Malema se R250 000-Breitlinghorlosie, Zuma se soveelste vrou en die uitspattige vergrype van Khulubuse Zuma en ander parasietkaders.

Die belastingbetalers in Gauteng kan voorts eenvoudig nie die buitensporige tolgelde wat die ANC se vampierstaat deur middel van Scamral (Sanral) wil hef, bekostig nie. Vir baie huishoudings is dit ‘n keuse tussen kos in hul kinders se monde, of die voortgesette voerdery van die vampierkaders van die ANC. Is Khulubuse Zuma nie reeds vet genoeg nie?

Die saak staan nou só: Daar is geen manier dat Scamral sonder die publiek se samewerking ‘n sukses van sy rooftollery kan maak nie. Koop te min mense e-skyfies, stort die ganse gekkespul onmiddelik in duie, en ly die tenderpreneurs wat ongetwyfeld hul smerige vingers iewers in die spul het, enorme verliese. Weier ons om soos wafferse skape ter slagting e-skyfies te koop, moet Scamral ‘n omslagtige proses volg om ons te beroof.

Hulle moet jou motor eerstens vanaf ‘n foto identifiseer. Daar is weliswaar outomatiese maniere om so te maak, maar dit werk nie 100% van die tyd nie, en sowat 15% van alle nommerplate is vervals.

Tweedens moet hulle dan vir jou ‘n rekening stuur, wat ‘n enorme las op beide Scamral asook die SA Poskantoor gaan plaas. Die Poskantoor sukkel reeds om sy gewone werkslas uit te voer sonder dat sy werknemers die inhoud van posstukke bevry, laat staan nog miljoene ekstra posstukke aflewer en miljoene betalings terugdra na Scamral se bendehoofkwartier.

Derdens moet Scamral se RA-aanstellings by sy bendehoofkwartier dan miljoene betalings met die hand prosesseer (dis nou as genoeg van ons slim en moedswillig genoeg is om hulle per tjek te betaal, om hul las sodoende nog erger te maak.)

Bostaande is ‘n onbegonne taak en ‘n ondraagbare las op Scamral. Hy kan dit onmoontlik nie volhou nie.

Jy en ek staan hier voor ‘n unieke geleentheid. Ons kan nie ons ander belasting maklik van die ANC se vampierstaat weerhou nie, maar ons kan wel sorg dat die rooftollery in duie stort. Al wat nodig is, is om te weier om vrywillig deur die slagpale se drukgang te loop, indien 'n mens vir deur vir Scamral se e-skyfiebedrog sou registreer.

Registreer jy nié, gaan jy weliswaar moontlik op die korttermyn meer moet betaal. Scamral besef baie goed dat hy nie sonder e-skyfies die mas kan opkom nie, en het straftariewe vir nie-geregistreerdes ingestel. Hierdie gaan egter ‘n korttermynsituasie wees. As genoeg Gautengse lammertjies weier om vrywillig by die slagpale aan te meld, gaan die tolrowery vroeër of later eenvoudig in duie stort.

Koop jy wel ‘n e-skyfie, sorg jy dat jy en jou medepadgebruiker ad infinitum die vampierstaat gaan voer, en jy kan doodseker wees dat jou korttermynbesparings in 2013, 2014 en verder die toekoms in vernietig sal word deur Eskom-agtige verhogings in tolgeld.

Wat gaan dit dus wees? Gaan jy jou gedweë, e-skyfie in die hand, by die slagpale aanmeld, of gaan jy die ANC se vampierkaders ‘n les leer wat hulle nooit sal vergeet nie, deur te weier om by Scamral te registreer?

Laas Opdateer op Sondag, 22 April 2012 07:16

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL