praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Tuesday, 22. May 2012

Bygewerk op:07:38:23 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Iran staak olie aan Britte en Franse

Iran staak olie aan Britte en Franse

E-pos Afdruk PDF
Iran het die verkoop van ru-olie aan Britse en Franse maatskappye gestaak as vergeldingsmaatreël teen nuwe EU-sanksies teen die Islamitiese staat.

"Uitvoere van ru-olie aan Britse en Franse maatskappye is gestaak... ons sal ons olie aan nuwe kliënte verkoop," is woordvoerder Alireza Nikzad op die Ministerie van Petroleum se webwerf aangehaal.

Die Europese Unie het in Januarie besluit om die invoer van ru-olie van Iran vanaf 1 Julie in te kort.

Die VSA en Brittanje het gister ook versoek dat Israel nie Iran se kerninstellings aanval nie. Groeiende internasionale kommer heers dat die Israeli's gereed is om 'n aanval te loods, en het beide lande genoop om hulle in die openbaar daarteen uit te spreek.

In hul waarskuwings, het die Amerikaanse weermagstafhoof genl. Martin Dempsey, en die Britse minister van buitelandse sake William Hague gesê dat 'n Israeliese aanval op Iran ernstige gevolge vir die hele streek sal inhou, en aangedring daarop dat Israel internasionale sanksies teen Teheran meer tyd gee om te werk.

Dempsey het gesê 'n Israeliese aanval "is nie verstandig nie," en Hague het gesê dit sal nie "'n wyse ding wees nie". Dit is nie bekend of hulle boodskappe gekoördineer is nie.

Iran se minister van olie het op 4 Februarie gesê dat die Islamitiese staat sy olie-uitvoere na "sommige" Europese lande sal staak.

Die Europese Kommissie het verlede week gesê dat die besluit nie die blok sal raak nie aangesien hulle genoeg in voorraad hou om in hul behoeftes te voorsien vir ongeveer 120 dae.

Frankryk se Total het reeds opgehou om Iran se ru-olie te koop, wat onderhewig is aan nuwe EU-sanksies. Markbronne het gesê Royal Dutch Shell het ook afgeskaal. Shell het geen kommentaar op die aankondiging gelewer nie.

Onder die Europese lande, is die skuld-geteisterde Griekeland blootgestel aan Iranse olie-ontwrigting.

Iran het meer as 700,000 vate per dag aan die EU, Turkye in 2011 verskaf, het bedryfsbronne gesê.

Teen die begin van hierdie jaar het die invoer gedaal na ongeveer 650,000 vate soos sommige kliënte teruggesny het in afwagting van 'n EU-verbod.

Saoedi-Arabië sê hy is bereid om ekstra olie te voorsien. Iran het Riyadh gekritiseer vir die aanbod.

Iran het gewaarsku dat enige sanksies op sy olie internasionale ru-pryse sal verhoog.

Brent ru-olie pryse was op $118,35 kort nadat Iran se staatsbeheerde media verlede week aangekondig het dat olie-uitvoere na ses Europese lande gestaak is.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: