Die provinsie Gauteng het R4 miljoen aan 4613 kaartjies vir die sokkerwêreldbeker bestee, het die premier Nomvula Mokonyane gister laat blyk.
Die besluit om die kaartjies te koop was gegrond op "die behoefte van die regering om stappe te neem om die geleentheid te bied aan inwoners van Gauteng wat nie die kaartjies kan bekostig nie om sekere van die wêreldbekerwedstryde by te woon," het sy in Johannesburg tydens die provinsie se uitvoerende raadsvergadering gesê.
Meer as 3000 kaartjies is aan skole, weeshuise, spesiale tuistes en amateursportklubs versprei.
"Ons het dié R4 miljoen as 'n provinsie bestee, nie vir onsself nie en nie vir ons famlilies nie.
Die res van die kaartjies was bestem vir "strategiese vennote".
"LUR'e (provinsiale ministers) het kaartjies ontvang vir die doel om met die regering se strategiese vennote te netwerk en as gasheer op te tree."
Mokonyane het die mense van Gauteng geloof vir die sukses van die toernooi. Die provinsie het omtrent 60% van die wedstryde aangebied, waaronder die openings- en sluitingswedstryde.
Sokker


Gietende reën en ‘n sopnat veld in Port Elisabeth was waarskynlik die vernaamste rede hoekom Duitsland en Uruguay nie die tipiese vrye spel gelewer het wat tradisioneel in die uitspeelwedstryd uitgestal word om die wêreldbeker se derde en vierde plekke te bepaal nie.

