praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Tuesday, 22. May 2012

Bygewerk op:07:38:23 AM GMT

Jy is hier: Tegnologie Persoonlik

Persoonlik

Google stoot tariewe sesvoudig op

E-pos Afdruk PDF

Google, wie se gewilde gmail-diens allerweë deur individue gebruik word, het so pas met 'n slenterslag hul aanlynbergingsdiens se prys sesvoudig verhoog.

Voorheen kon persoonlike gebruikers wie se gmail vol geraak het, vir slegs $5 per jaar 'n ekstra 20 Gigagrepe se bergingskapasiteit per jaar bygekoop het.

Nou vra Google skielik $30 vir dieselfde diens. Weliswaar het die hoeveelheid gratis bergingsruimte van Gmail insgelyks gestyg vanaf omtrent 7 Gig na 10 Gig, wat vir die meeste mense seker genoeg is. Maar vir aktiewe gebruikers van e-pos wat graag hul ou e-pos bewaar sonder die moeite om rugsteune te maak, kan selfs 10 Gig ná 'n paar jaar onvoldoende raak.

In April het Google ook sy bergingsdiens wat "Dokumente" heet, na Google "Drive" herdoop. Hiermee wil die maatskappy mededingers soos Dropbox en Apple die stryd aansê wat reeds suksesvolle aanlynberging aan gebruikers verskaf. Omdat mense deesdae inligting op soveel toestelle, vanaf persoonlike rekenaars tot selfone en tablette, beskikbaar wil hê, maar dit sin om alle belangrike lêers aanlyn te berg. Aanlynberging kan ook as rusteun vir plaaslike lêers gebruik word.

Volgense Google kan huidige gebruikers van die aanlynbergingsdiens wat op die ou, goedkoper skaal verkeer, steeds daarmee aanhou, solank hulle geensins daaraan verander deur byvoorbeeld die kapasiteit te verhoog nie.

Persoonlik maak ek reeds 'n jaar lank van die $5-per-jaar-diens gebruik, nadat my gewone e-pos vol geraak het, maar om $30 per jaar betaal, lyk vir my 'n bietjie dik vir 'n daalder as 'n mens in ag neem dat Yahoo se e-posdiens gratis is met onbeperkte ruimte. Dit sal my seker nog 'n paar jaar neem om 30 Gig met e-pos vol te maak. Intussen maak ek egter ook gebruik van die aanlynberging en om dokumente aanlyn met kollegas of vriende te deel, sodat my bergingsruimte vinniger as net deur e-pos opgeneem word.

Dat Google egter hier 'n manier raakgesien het, om 'n slag te slaan, is gewis. As 'n mens eers aan hierdie tipe diens verslaaf is, is dit moeilik om te verander, sonder dat jy jou aanlynlewe verder kompliseer. Daarom sal vele mense seker verplig wees om die sesvoudige prysverhoging te absorbeer.

Skielik is die internet nie meer gratis nie!

Google voer reeds 'n verbete stryd om gebruikers van Google Apps te dwing om ten duurste vir e-pos te betaal, tot $50 per jaar. Google Apps is 'n weergawe van Gmail waardeur 'n mens jou eie domeinnaam vir e-pos kan gebruik. Aanvanklik toe die diens enkele jare gelede bekendgestel is, kon 'n mens tot 100 of selfs meer gratis "posbusse" vir jou maatskappy of organisasie verkry. Nie-winsgewende organisasies en skole het selfs 500 of meer sulke posbusse gratis ontvang, teenoor die korporatiewe "Google Apps Premium" waarvoor 'n mens $50 per jaar moet betaal.

Meer onlangs het Google egter die aantal gratis Google Apps-posbusse tot tien per domein beperk. Iemand wat elf posbusse wil hê, sou dus onmiddellik $550 per jaar moet betaal.

Dit laat 'n mens weer met ander oë na Yahoo se e-posdiens kyk. Yahoo beskik nie oor al die funksionaliteit van Gmail nie, maar vir swaar gebruikers van e-pos kan dit 'n opsie raak. Diegene wat bereid is om insgelyks $20 per jaar vir Yahoo se betalende diens te betaal, ontvang 'n onbeperkte e-posdiens met min of meer die funksionaliteit van Gmail, behalwe vir die aanlynberging.

Terloops, PRAAG is 'n gelisensieerde verskaffer van Google Apps, asook 'n verskaffer van ADSL-verbindings teen baie billike tariewe. Ons basiese ADSL-diens beloop slegs R200 per maand (Telkom-verbinding ingesluit). Ons verkoop ook rekenaars, rekenaarkomponente, skootrekenaars, tablette en e-lesers teen uiters mededingende pryse. Kontak ons by inlig[by]praag.org vir meer inligting.

Laas Opdateer op Sondag, 20 Mei 2012 08:44

Prestigio-e-leser is teen sy prys ‘n wenner

E-pos Afdruk PDF

Prestigio PER3172BDie afgelope paar dae het ek Prestigio se basiese e-leser, die PER3172B, onder oë gehad en so twee, drie e-boeke daarop gelees. Omdat ek reeds baie met die Amazon Kindle vertroud is, kon ek die twee goed met mekaar vergelyk.

Die Prestigio PER3172B is ‘n veeldoelige leser wat eintlik teen die prys van R1199 (Praag-lede ontvang dit teen ‘n reuse-afslag en kan so min as R599 daarvoor betaal) meer vermaak as ‘n tradisionele TV en videokassetspeler insluit. Die Prestigio-e-leser kan die volgende dinge doen:

  • E-boeke in ‘n verskeidenheid formate vertoon
  • Musiek speel
  • Video’s speel
  • Foto’s vertoon

Hoewel ek ook hier en daar musiek daarop geluister en ‘n advertensievideo of twee op die volkleurskermpie van 17,8 cm (7 duim) gekyk het, het ek dit hoofsaaklik as e-leser gebruik. Ná alles is dit die belangrikste beweegrede om ‘n e-leser aan te skaf, maar die feit dat dit ook musiek, video en foto’s kan hanteer, is ‘n bonus. Veral ook in die lig van die poort vir ‘n mikro-SD-skyfie waarmee ‘n mens die aanboordgeheue van 2 Gigagrepe na 34 Gigagrepe (genoeg vir 70 000 boeke of 10 000 musieksnitte) kan opstoot!

Trouens, as ‘n mens dink wat een van Apple se basiese Ipods met slegs 2 of 4 Gig geheue kos, is die veeldoelige Prestigio amper verniet. ‘n Mens sou rustig daarmee op vakansie kon gaan, gewapen met ‘n paar honderd boeke en ‘n duisend CD’s of wat en jouself gate uit kon geniet.

Boonop kom die Prestigio, anders as ‘n Kindle byvoorbeeld, saam met ‘n leerhouertjie wat dit baie gemaklik maak om rond te dra. ‘n Leerhouer vir die Kindle kan maklik soveel kos soos die Prestigio mét sy gratis houer! Dan praat ‘n mens nie eens van ‘n laaier vir die Kindle wat jou sommer R200 kan terugsit nie. Hoewel ‘n mens die Kindle, soos ook die Prestigio, via jou rekenaar se USB-poort kan laai, is dit geriefliker om ‘n aparte laaier te hê, iets wat insgelyks gratis saam met die Prestigio versprei word.

Trouens, die hele Prestigio-pakket is uiters aantreklik, van die swart kartondoos waarin die instrument saam met leerhouer, laaier, handleiding en die nodige kabels verpak word tot die matswart plastiek van die leser self. Dit pas gerieflik in ‘n mens se hand as jy lees en die bladsye word aan die regterkant met ‘n stafie vorentoe of agtertoe geblaai, baie soortgelyk aan die Kindle en ander lesers.

Die Kindle is natuurlik ‘n sogenaamde e-ink-leser sonder enige agterlig wat die skerm laat gloei. Dis baie gemaklik op die oë, selfs in helder sonlig en ek sou sê ek verkies dit as e-leser. Prestigio maak selfs ‘n e-ink-leser of wat oor ‘n sogenaamde “Pearl”-skerm beskik, maar dis heelwat duurder as die basiese Prestigio - omtrent dubbel die prys om die waarheid te sê. Vir e-ink-lesers het ‘n mens saans ook kunsmatige lig - soos vir ‘n tradisionele boek - nodig en daarom is dit vir my minder nuttig. As ek saans vir my dogter by haar hoërskoolkooroefening moet wag, kan ek dus nie vinnige in die donker my e-leser aanskakel en lees nie. Die PER3172B is besonder nuttig as laat saans wil lees en nie jou vrou met ‘n bedlampie wil wakker hou nie, want hy beskik soos ‘n gewone rekenaarskerm wel oor ‘n agterlig wat die boek in die donker leesbaar maak. Wat dit verder gerieflik maak, is dat die helderheid van die skerm verstelbaar is. Ek het gevind dat ‘n mens bedags gerieflik op 50 tot 60 persent helderheid kan lees, terwyl so 30 persent in die donker gerieflik is, want dan is die letters net mooi sigbaar sonder dat die skerm te veel by jou oë inskyn.

Veral vir ouer persone wat groter letters verkies, is die Prestigio ‘n seën, want ‘n mens kan die tipografie van enige boek van baie klein tot regtig baie groot verstel, afhangend wat vir jou die gemaklikste is. Omdat uitgewers van sogenaamde “massamarkslapbande” gewoonlik soveel inhoud op die minste aantal bladsye en papier wil inpas, is hulle gewoonlik heeltemal te klein gedruk en sonder ‘n bril haas onleesbaar. Die e-leser het ons daarvan bevry.

Die skerm van die Prestigio is “antiweerkaatsing”, dus kan mens dit ook in baie helder lig in die buitelug gebruik. Oor die algemeen het die aanpasbaarheid van die skerm my nogal verbaas en is dit ‘n vernuftige stukkie tegnologie wat oral - in die vliegtuig, in die bed, buite - gebruik kan word, solank mens net die skerm se helderheid by die hoeveelheid lig rondom jou aanpas.

Persoonlik dink ek die swart-en-wit e-ink-lesers is nog ‘n tikkie gemakliker om te lees: iets soos ‘n Kindle of Prestigio se PER5162. Maar dan boet ‘n mens effens aan veeldoeligheid in, want die veelsydige PER3172B kan nog vir jou volkleurvideo’s of foto’s ook vertoon. Boonop kan dit in enige lig gelees word. Dis net die ding om, gelaai met ‘n paar honderd of duisend boeke, oral byderhand te hê waar ‘n mens dalk moet wag, toustaan, reis of ‘n ledige uurtjie wil verwyl. Of sommer net vir ontspanning wil lees. Teen die prys is dit eenvoudig onverbeterlik!

Koop dit aanlyn by die Praagwinkel.

Laas Opdateer op Saterdag, 28 April 2012 17:52

Internettoegang - wie is die goedkoopste?

E-pos Afdruk PDF

Duisende mense gebruik elke dag die internet, hetsy by die huis, hetsy by die werk of beide.

Baie Afrikaners gebruik 3G-toegang maar dit is 'n medium wat redelik duur is. ADSL is die medium wat per Gigagreep die goedkoopste is terwyl WIFI oftewel koordloos op die oomblik die duurste is. Nie lank gelede nie was die scenario egter omgekeerd. Nou het 3G goedkoper geword as wat WIFI-toegang deur middel van "Hotspots" of langafstand-wifi of wimax (Slegs Telkom en Vodacom het op die oomblik WIMAX lisensies.) Ek is bewus daarvan dat sekere verskaffers soos Screamer, 5.8GHz Wifi as WIMAX bemark maar dit is foutief aangesien dit twee verskillende standaarde verteenwoordig.).

Voordat M-Web die onbeperkte internettoegang teen R199 per maand begin bemark het (384kbps - nie breëandtoegang nie maar nogtans beter as 'n konvensionele modem se 56kbps), was die koordlose toegang van verskaffers soos Screamer, Auranet, Megasurf, SA Wireless en JirehTech beslis van die goedkoopste in die land. Die enigste struikelblok tot toegang was die hoë koste van implementering omdat die toerusting wat gebruik is, gekoop moes word vir enige iets van R1900 tot en met R3800.

Met die aanlê van verskeie ondersese kabelstelsels soos Seacom (2009), Eassy (2010) en WACS (2011), het verskeie ADSL-verskaffers hulle pryse begin verlaag. Daarna het 3G-verskaffers gevolg maar koordlose verskaffers het die teenoorgestelde gedoen en hul pryse verhoog. In die verlede was die huur van 'n ADSL-lyn die beperkende faktor wat daartoe gelei het dat minder mense dit aanvanglik aangeskaf het, maar met die nuwe kabels wat ná 2009 in werking gekom het, is Telkom gedwing om hul pryse te verlaag om sodoende 'n bepalende speler in die mark te kon bly. Dit het alhoewel nie ander koordlose spelers gekeer om lynhuur te begin hef vir "lyne" wat nie bestaan nie.

Prysvergelyking tussen internetdiensverskaffers
Verskaffer Spoed Lynhuuur Prys/maand Bandwydte Tipe toegang Uit-bondeldata Dekkingsgebied
JirehTech 512kgps geen R268 1,5 Gg Wifi R83,22 per Gg Dele van Gauteng, Vrystaat, Limpopo, Natal en Noordwes
Megasurf 2048 kgps geen R200 2 Gg Wifi R120 per Gg Dele van Weskaap, Noord-Vrystaat en Gauteng
Screamer 512 kgps geen R199 3 Gg Wifi geen inligting beskikbaar Inligting op webblad nie betroubaar
Iburst 1024 kgps geen R149+R99 aansluiting 1 Gg Iburst R500 vir 750 Mg Groot dele van SA
Neotel 7168 kgps geen R299 2 Gg Vaste CDMA 8 sent per Mg (R81,92 per Gg) Slegs groot stede
Mweb 1024 kgps R445 (by Telkom) R29 1 Gg Vastelyn ADSL N.v.t. Hele republiek
Vodacom 7168 kgps geen R319 1,5 Gg 3G/HSDPA R2 per Mg (R2048 per Gg) Hele republiek
CellC 7168 kgps geen R250 1,2 Gg 3G/HSDPA geen inligting beskikbaar Hele republek
MTN 7168 kgps geen R289 1 Gg 3G/HSDPA 29 sent per Mg (R296,96 per Gg) Hele republiek
8ta 7168 kgps geen R149 3 Gg 3G/HSDPA geen inligting beskikbaar Hele republiek
Virgin Mobile 7168 kgps geen R614,40 1 Gg 3G/HSDPA 60 sent per Mg (614,40 per Gg) Hele republiek
Red Bull Mobile 7168 kgps geen R249 3 Gg 3G/HSDPA 39 sent per Mg (R399,36 per Gg) Hele republiek
Wireless G 1024 kgps geen R149 1 Gg Wifi geen Sien webwerf vir dekking
Wireless G 7168 kgps geen R179 1 Gg 3G/HSDPA geen Hele republiek

 

As ons dus nou na die beste waarde vir geld kyk, sal ons al die verskaffers in een van twee katagorieë moet plaas, naamlik: vaste koppeling en mobiele koppeling. Die beste waarde vir geld vir mobiele koppeling sal dus gaan aan 8Ta, Telkom se sellulêre netwerk vir hulle R149-bondel met 3Gg data. Die verskaffer wat die laaste plek kry in die kategorie is dan: Virgin Mobile wat teen R614.40 per Gg tans die duurste in die land is.

Die beste waarde vir geld vir vaste koppeling, hetsy WIFI hetsy ADSL, gaan aan Screamer wat 3Gg teen slegs R199 per maand verskaf. Die een wat in hierdie kategorie die laaste plek kry, is MWEB ADSL. Wat ek natuurlik in MWEB se guns moet sê, is dat die prys hoër is as wat dit moet wees omdat Telkom tans  ADSL-lynhuur en stemlynhuur op dieselfde lyn reken.

Die maatskappy met die duurste data per Mg is Vodacom met R2 per Mg en die goedkoopste is dan MWEB met 0.028c per Mg. Die vraag wat natuurlik dan nou op almal se lippe is, is hoekom Vodacom nie data teen dieselfde tarief as MWEB kan lewer nie? Vodacom het ten minste vingers in al die nuwe kabels. Die vraag bly ook staan dat as MWEB data teen R29 per Gg kan lewer, hoekom nie een van die ander verskaffers dit kan doen nie?

Wat ook nogal opvallend is, is dat al die koordlose verskaffers databondels verkoop maar dat nog nie een van hierdie verskaffers besluit het om voorafbetaalde data ("Out of bundle") maar teen dieselfde prys te verkoop nie, wat beteken dat hulle nog steeds staatmaak op tegnologies gestremde mense om data buite die bondel te gebruik.

Daar is aanvangklik aangekondig dat data goedkoper sal word namate die kabels verouer omdat die kabels se kostes elke jaar verlaag. Seacom is reeds in 2009 gelê en ons het verlagings gesien maar nog nie genoeg verlagings om internet vir die massas moontlik te maak nie.

Op 'n reis verlede jaar na Europe, het ek uitgevind dat meeste huishoudings konneksies van 12mg/s kry vir ongever R120 per maand. Dit is natuurlik onbeperkte lyne en sluit die lynhuur sowel as die data in. Ons het nog 'n baie vêr pad om te stap in SA om daardie tipe pryse hier te sien.

Laas Opdateer op Vrydag, 09 September 2011 10:22

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL